top of page
  • Uitmelkbos

VAN KINDSBEEN AF

‘n Japanse kleuerskool-klassie vaar ‘n parkie in die ouwereldse stadjie Kijoto binne om skoon te maak.

Elkeen is met ‘n plastieksak gewapen Om hul hande is ook plastieksakkies gebind vir beskerming. Die juffrouens is gedurig byderhand om raad te gee en die inhoud van die sakke te inspekteer.

Die toneeltjie het op my en Tokkie ‘n diep indruk gemaak. Sulke vlytige, flukse kindertjies is net ‘n plesier om dop te hou.

Die foto is in Junie 1998 geneem. Ek het dit gaan uitgrawe omdat dit so mooi inskakel by vanmiddag se geselsprogram Loslip op RSG oor Japanners se werksetiek, waardes en dissipline wat van kindsbeen af by hulle ingeprent word. (HvD)

0 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page