top of page
  • Izak de Vries

Vaderskap II

Ek moes dit net deel. Dit het ongeveer ’n uur gelede gebeur.

Ek is besig om meer as 5 ton Protea Boeke na die VSA te verskeep, en al die agente het meer vrae as wat daar nulle in hulle kwotasies is.

Knaap wil toe verf – hy wou sy motor pimp. Ek sit toe koerante en dies meer neer, wys hom hoe om die verf te meng en woerts terug kantoor toe.

Na ’n tydjie is daar hierdie benoude roepie: Pappa! Help!

Toe ek onder kom, vertel ek hom summier dat hy nie mag beweeg voor ek nie die kamera het nie. (Kamera is altyd gereed, maar dit was in die kantoor.)

Helaas. Vloer is intussen skoon, ek en Knaap is albei gestort en die agente is besig.

All in a day’s work.

Ek het darem sterretjies gekry van Knaap.

* * *

Vir die tegnici: In die situasie waar mannetjie met sy rug na die lig staan (heelbo), skiet altyd 1 stop oor, want die lig van agter sou anders die kleure op sy lyfie wegsteek. Brand agtergrond. Jy wil die kleur op hom hê en daar was nie tyd of die noodsaak om flitse op te stel nie. Ditto met hierdie selfportret hierbo.

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page