top of page
  • Chomsetussenbetragtings

Uiteindelik! Die onthulling!

Ek werk vir twee gemeenskapskoerante op die Limpopo platteland - tegnies 'n "witte" en 'n "swarte", maar ons mag mos eiglik nie so daarna verwys nie. Gladnie klein nie, hoor - so 7000 oplaag vir die witte en 3000 vir die ander ene. Yslike verspreidingsgebied, met tussen 45 000 en 48 000 lesers. Is oorspronklik aangestel as vertaler en proefleser, maar het later my ingewurm en ontpop (ek's eintlik 'n moerse introvert) as verslaggewer, fotograaf, koerier en whatever nog opkom. Sal later meer daaroor vertel. Nietemin. Soos voorheen genoem, probeer ek altyd my issues wegskryf. Die stuk hieronder is een van daardie probeerslae. Nogals gepubliseer ok gewees in ons einste koerant. En alles daarin is ware insidente. Wat o.a. ook gebeur het is dat ek, in die uitvoering van my pligte, verlede jaar in Maartmaand deur ons burgemeester aangerand is. Kortom, ek is deur 'n m**d gem**r!! Hier kom dit... Hard of sag, of sommer net mens? Joernaliste is anders as ander mense, sal ons fami­lie en vrien­de jou vin­nig vertel.

Nuuskierig, aanhou­dend, hardekoejawel, net dus­kant weird, is maar ’n paar van die eien­skap­pe wat ons al toe­ge­dig is. Ons ontken dit nie, dis oor­we­gend die waar­heid.Die res van die wê­reld se me­ning van ver­slag­ge­wers is ook nie juis po­si­tief nie. Al­mal het al me­dia­beel­de ge­sien van mee­doën­lose, pyn-in-die-dinges joer­na­lis­te wat mi­kro­fo­ne in men­se se gesig­te druk en al­mal gelyk vrae uit­skreeu.


Toege­gee, ons ver­knogt­heid aan koe­ran­te en nuus — trou­ens, éni­ge in­lig­ting — oor­skry waar­skyn­lik die “nor­ma­le” gren­se van nuus­kie­rig­heid.

Wat vir ander men­se nut­te­lose in­lig­ting of net ’n sou­si­ge skin­der­sto­rie is, is vir ons waar­skyn­lik nuus, ’n moont­li­ke on­der­werp vir bie­tjie on­der­soe­kende joer­na­lis­tiek of dan ten min­ste net iets om in die ag­ter­kop te bêre, om een­dag weer op te diep.

Die mees­te van ons vrek oor ons taal, en kan dit uit­ste­kend praat en skryf as ons wil. Ge­woon­lik ver­kies ons eg­ter om dit ef­fens te mix. Som­mer net, vir geen spe­si­fie­ke re­de nie.

Ons kan ons niete­min heer­lik ver­kneu­kel in ie­mand anders se raak­vat-woor­de, of ons ver­luis­ter aan ie­mand wat wéét hoe om ’n sto­rie te ver­tel. Ons hou van nuwe woor­de uit­vind, en rond­speel met alliterasie en dub­bel­sin­nige woorde. En stou­tes ook, na­tuur­lik.

Kortom, ons floréér op woor­de.

Woorde van ’n mees­ter soos Ingrid Jon­ker se "Ek is die hond wat op die strande draf / en dom-al­lenig teen die aand­wind blaf. / Ek is die see­voël wat ver­hongerd dwaal / en dooie nag­te opdis as 'n maal" kan ons mak­lik ’n traan laat pink van pure mooi­geit.

Insgelyks kan ons lag dat die tra­ne rol as Nata­niël beskryf hoe ie­mand in­me­kaar­sak “soos ’n op­vou-tuin­stoel”. Of vir die deur­me­kaar­spul terwyl Jan Spies se pro­feet met ’n blik kon­dens­melk van sy Haba­kuk-naam pro­beer ont­slae raak.

Ons is he­laas ook geneig om mak­lik van die punt af te dwaal, soos wat nou hier be­sig is om te ge­beur.

Welke punt is... joer­nalis­te is ook mén­se.

Ons het ook pri­vaat­lewens, met kin­ders en hui­se en hon­de. Ons ver­duur die­self­de nitty-gritty goedjies wat deel is van el­ke mens se le­we.

Dis egter selde ’n mak­like taak om ons twee “le­wens” ge­skei te hou. Joer­nalis­wees het nie ’n switchie wat jy smid­dae vyf­uur kan af­ska­kel saam met jou lap­top nie. Aller­mins.

Op pad huis­toe sal ’n groe­pie men­se wat op die sy­paadjie saam­drom, ’n jong knaap wat oop-en-toe die straat af­hol, of selfs net ’n rond­lo­per­hond wat aan “iets” staan en ruik, vir ons po­ten­siële nuus­situa­sies wees en ons by voor­baat laat rem­trap.

Enige gesoute joer­na­lis se oë en ore dwaal mos maar al­tyd, op soek na ’n ro­kie wat ‘n vuur­tjie kan wees wat nuus kan word.

En ja, soms gebeur dit dat jou koe­rant­kop en jou ge­wone­mens-kop met ’n slag bots. Jy kan eintlik maar sê kop-aan-kop.

Soos wan­neer jy ’n pro­tes­ak­sie dop­hou en foto’s neem, en ’n in­vloed­ry­ke per­soon jou voor ander mense aan­rand en ver­ne­der, ter­wyl jy maar eint­lik net be­sig is om jou werk doen. Dan won­der jy of jou pas­sie vir jou werk nie dalk heel mis­plaas is nie.

Of jy staan mag­te­loos en toe­kyk hoe ie­mand se huis af­brand ter­wyl hulle nie tuis is nie, en jy vryf hul­le ver­slae hond se kop en won­der hoe eni­ge joer­na­lis hier­die sto­rie ge­skryf kan kry.

Jy gaan neem ’n fo­to van ‘n twee­ja­ri­ge dog­ter­tjie wat ont­voer is en ná twee we­ke terug­ge­vind is. Sy glim­lag breed vir die fo­to (dank­sy die koe­rant-tan­nie se swie­ties) maar klou ver­bete aan haar ma se flen­ter­hemp vas. Dan won­der jy of jy reg­tig wíl deel wees van ’n wê­reld waar men­se me­kaar se kin­ders steel.

Van onderhou­de met men­se wat ge­lief­des aan die dood af­ge­staan het praat ons nie eens nie. Jy vra al die no­di­ge vrae so sim­pa­tiek as moont­lik, voel vreemd in­dringe­rig in hulle smart, oor­won­der tus­sen­in jou eie sterf­li­kheid. Jy wens die tyd om.

Terug by die kan­toor suk­kel jy om die sto­rie te skryf sodat dit ’n koe­rant-storie is wat net fei­te be­vat. Jou gewo­ne­mens-kop wil-wil gaan draai by die mens-kant van die sto­rie, veral as jy na die foto’s kyk wat jy ge­neem het.

Geluk­kig skop on­der­vin­ding en pro­fes­sio­na­li­teit in, en jy skryf die sto­rie soos dit ’n goeie joer­na­lis be­taam — met el­ke “na be­we­ring” en “lui­dens” op sy plek. Al de­lete jy uit­ein­de­lik am­per meer as wat jy skryf.

Jy voel trots op die eind­pro­duk as jy dit fi­naal weer deur­lees. Ook maar goed dat joer­na­lis­te sul­ke har­de mense is, dink jy.

’n Softie sou dit nooit ge­maak het nie...

1 view

Recent Posts

See All

Net 9 disse?

Kom ek op hierdie interessante berig in die Sowetan af vandag, en herken myself toe baie goed! Alhoewel die studie onder die Britte...

My kortverhale (wow, dit was pret!)

Hy klap die agterdeur met 'n dawerende slag agter hom toe. Sy bly op die vloer sit, en vryf oor haar brandende wang. *** "Mamma, waar's...

Joeeeeehoeeee! Ek's terug! (dink ek...)

Hallo liewe blogvriende! Ja, vir die eerste keer in VIER maande het ek weer soortvan internettoegang! Dankie vir die van julle wat my nie...

Comments


bottom of page