Hallo liewe blogvriende!
Ja, vir die eerste keer in VIER maande het ek weer soortvan internettoegang!
Dankie vir die van julle wat my nie vergeet het nie, en so nou en dan 'n boodskappie gestuur het (ek kon darem so van tyd tot tyd gou loer wat gaan aan).
Julle is seker al lankal gewoond aan die "nuwe" blogformaat? Ek sukkel! En dit vat omtrent lank om 'n foto af te laai! (Ek het maar moed opgegee).
Nietemin, ek is bitter dankbaar om te kan se dit gaan goed met my.... BAIE goed! Ek was nog nie 'n oomblik spyt oor my reuse besluit nie - trouens, ek is spyt ek het dit nie vroeer gedoen nie!
Mense.... ek vermoed die meeste van julle gaan erg jaloers wees, maar ek het op hierdie oomblik net mooi zero stres! Ek werk heerlik sonder deadlines, het geen verkeer op pad werk toe nie, trouens ek hoef nie eers te bekommer oor wat om aan te trek elke dag nie (jeans en 'n company-hemp). Julle, ek is voorwaar 'n spoilt brat...
Comments