top of page

My kortverhale (wow, dit was pret!)

  • Chomsetussenbetragtings
  • Nov 16, 2009
  • 1 min read

Hy klap die agterdeur met 'n dawerende slag agter hom toe. Sy bly op die vloer sit, en vryf oor haar brandende wang.

***

"Mamma, waar's Pappa?" Sy sug, vat haar dogter om haar maer skouers en lei haar na die kombuistafel toe.

***

Sy suig behaaglik aan vier blokkies sjokolade gelyk. Daar's gelukkig eers weer volgende Maandag Weigh-Less.

***

Hy huiwer. Die bok draai skielik sy kop, reg in die visier in. Hy wag. Die bok beweeg nie. Hy laat sak die geweer.

***

Die baas se kantoordeur is steeds toe. Sy kyk vinnig rond, kliek op Favorites, dan op Litnet Blogs. Yes!

Recent Posts

See All
Net 9 disse?

Kom ek op hierdie interessante berig in die Sowetan af vandag, en herken myself toe baie goed! Alhoewel die studie onder die Britte...

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page