top of page
  • Izak de Vries

Uiteindelik


Die boek moet vanaf 2 September (môre oor 20 minute) op die rakke te wees. Ek hoop dus daardie lorries het gery dat dit klap! (Dis nou dié wat nie geswem het in die Kaap nie!)

Hoe werk ons dié datum uit? Wel, Tafelberg het maande voor die boek gedruk is, al begin reklame doen. Dis deels hoe hulle die oplaag vasstel, want die boekwinkels gee ’n ligte brom, of ’n sug van verligting.

Genoeg behaaglike sugte later word skrywer en redakteur gedruk vir ’n finale produk, die boek word geset, geproeflees en gedruk.

Dan, as die drukker laat weet hulle het ’n datum, word gekyk na plekke soos Secunda (hmm, wie blog van daar af?) en ’n paar ander plekke wat ver van die Kaap is.

Die drukker lewer dan die lorrie vol boeke by On the Dot af. On the Dot is ’n moewiese pakhuis in die Kaap. Hulle het ook uiters gesofistikeerde rekenaarstelsels.

Alle bestellings word dus uitgevoer kort na die boek by hulle aangeland het.

So, gaan vra asseblief by daardie boekwinkel naby jou!

Ludwig, met die streng skoonpa, het byvoorbeeld gevra: “Ek hoop die CNA by Sunwardpark Pick & Pay kompleks tel ook as 'n goeie boekwinkel. Ek wil more jou boek daar kry.”

Ek hoop ook so, Ludwig. CNA koop egter sentraal, terwyl Exclusives en Wordsworths, en dies meer, eerder die takke laat koop.

Hier is egter raad as die boek nie in jou winkel is nie: Sê vir hulle jy soek dit en hulle moet dit bestel. Gee dan asseblief die volgende detail vir hulle:

Skrywer: Izak de Vries

Uitgewer: Tafelberg

ISBN: 9780624046844

Met hierdie inligting sal hulle beslis die boek opspoor. Dan sal On the Dot se trokkie dit daar by hulle aflewer.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page