top of page
  • Uitmelkbos

UIT ‘N LAAI VOL OU SKYFIES

Uit ‘n laai vol ou skyfies – party mense het hulle baie vernaam “skuifies” genoem omdat hulle heen en weer in projektors geskuif het – het my Tukkievriend Manie Steyn van Krugersdorp ‘n klomp van jare gelede se Kollegetehuis-reunies herwin, wat die nostalgie laat bruis soos ‘n energiedrankie.

Op die ene heelbo is Piet Henning, Hennie van Deventer en Cas Jacobs saam met Vossie Grey by Manie se vorige huis in Roodepoort iewers in die jare 70.

Op die onderste foto is die eersgenoemde drie, net in omgekeerde volgorde, in Januarie vanjaar by die uwe se plekkie in Sabiepark.

Ek gaan nie vra wie van ons drie in die meer as drie dekades die meeste verouder het nie, maar die jare stap aan ja, die jare stap aan …

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Komentarze


bottom of page