top of page
  • Uitmelkbos

UIT DIE HAND VAN DIE “GROOT KROKODIL”

In die jagveld

Een keer in my lewe het ek uit ‘n president se hand geëet. Nogal die hand van die “Groot Krokodil”, PW Botha. Nie figuurlik uit sy hand nie maar letterlik. Wel net ‘n skyfie lemoen, maar darem.

Dit was die dag toe’n jagvoertuig, ‘n omgeboude V8 van die wellewende Pieter Jacobs van die plaas Zuurfontein, Fauresmith ‘met sy oes van die dag tot by sy aste in die modder wegsak.

Agter die wiel van die “ampsmotor”

Die voertuig, bekend as die “ampsmotor”, het dapper gebrul, maar kon niks vermag nie. Om hom uit te kry, het gevat aan die klein geselskappie wat saam met die president die veld ingekoers het.

Terwyl ons gewone burgers so swoeg (en stilletjie swets) skil die president rustig ‘n lemoen. Toe ons die gevaarte met besmeerde hande uiteindelik uit die amperse moddergraf het, kry elkeen ‘n skyfie in die mond.

Myne kry ek met die spitsvondigheid: “Ons maak nou geskiedenis. Dis die eerste keer dat ‘n koerantman uit my hand eet!” Figuurlik uit sy hand geeet, het ek darem nooit.

Op sy mees ontspanne was Botha waarskynlik op die gereelde jagtogte van sy boesemvriend Boet Troskie elke winter in die Suid-Vrystaat, waar hy met dodelike skietvernuf altyd self ‘n paar bokkies kom plat trek het. Daar in die Vrystaatse winterveld, alleen agter ‘n miershoop of langs ‘n knetterende kampvuur, omring deur kollegas soos Chris Heunis, Pik Botha, Barend du Plessis, Kobie Coetsee, Pietie du Plessis en Gene Louw, kon hy volkome afskakel.

Dit is ook waarheen Troskie hom na sy beroerte teruggebring het om selfvertroue te herwin. Daaraan was daar geruime tyd ‘n geweldige tekort. Hierdie uithalerskut het aanvanklik gesukkel om met dom vingers te laai, onthou Troskie.

Maar sy vriende het hom alleen in die veld gelos. En toe hy die eerste keer die sneller trek, was dit ‘n kopskoot!

Verwysing: “Kroniek van ‘n koerantman” deur Hennie van Deventer. Koop die herpublikasie as e- boek by http://www.denovowebs.co.za/produk/kroniek-van-n-koerantman/ Prys: R70.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page