top of page
  • Uitmelkbos

UIL OP ‘N KLUIT

Die uil – ‘n reuse-ooruil – lyk maar taamlik verlee: ‘n regte uil op ‘n kluit.

Tussen Olifants en Satara in die Krugerwildtuin het ek en Tokkie ‘n hele ruk vasgenael gesit terwyl ‘n kordate kroonkiewiet die ou uit alle rigtings bombardeer.

Soos ‘n wafferse “Spitfire” het die kiewiet al vuur spoegende en al kwetterende die een aanval op die ander op die verwarde uil geloods.

Die ou grote moes net koes. Hy het seker te naby aan sy verbete aanvaller se nes gekom.

Ek voel self ook maar uil-op-‘n-kluit-erig. Telkens het ek die Canon se sluiter net te laat gedruk. Die kiewiet het klaar verby geswoesj as ek die toneeltjie verewig.

Sou nie as sportfotograaf my brood kon verdien het nie.

* Lees die blog “Uil en die kiewiet” hieronder.

3 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page