top of page
  • Izak de Vries

Tyd vir ’n geïntegreerde opposisie

Ek dink dis tyd dat ons sommige jong vuilbekke in die ANC ’n snotklap gee, want dis wat hulle verdien. Net soos ET geen held was nie, en dus glad nie die skielike odes aan hom verdien nie, so verdien die ANC-jeugliga nie die status wat hulle het nie.

Ek vrees egter niks gaan verander totdat Suid-Afrikaners van alle rasse en alle gelowe begin saamstaan nie en kyk na ’n ware opposisie. ’n Opposisie wat die mag het om die ANC terug te klap in die vergetelheid.

Dit kan: As die FF+ en Solidariteit kan hande vat met die SAKP en COSATU, dan kan iets begin gebeur. Plaas daarmee saam die ID, die DA en COPE . . .

Maar, nota bene, ek druk vir ’n begin van veelpartysamewerking vanuit die FF+ en die SAKP. Albei partye het hoogs intelligente leiers, albei het integriteit. Albei verstaan opposisiepolitiek en albei verstaan koalisiepolitiek.

Die ID, DA en COPE kan later bykom.

Komaan Suid-Afrika, kom ons begin agiteer vir ware verandering! Maar die enigste manier om dit te doen, is om ons rasbehepte, kleinlike idees op te skort en uit te reik na ander wat werklik dieselfde is, maar net in ander kleurkombinasies kom.

Viva ’n snotklap vir die regerende idiote!

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page