top of page
  • Uitmelkbos

Twee kante

Alleen onder die maan, deur Willem Krog. Resensie: Fanie Olivier (Rapport Boeke) Alleen onder die maan, deur Willem Krog. Resensie: Schalk Schoombie (Boeke24) Twee uiteenlopende besprekings. Olivier contra, Schoombie pro. Schalk Schoombie is gaande oor dít wat die boek oordra, Olivier vind fout met die manier waarop dit gedoen word. Albei sienings weeg swaar, as mens na hul argumentasie kyk; in die lange duur sal Olivier s’n die sterkste tel omdat dit wesentlike kritiek lewer op die gehalte van die skryfwerk.

Geen engel nie, deur André Krüger. Resensie: Jonathan Amid. (Rapport Boeke) Ek geniet die opwinding waarmee Jonathan Amid op boeke reageer. Dis net dat hy soms ’n klein mistykie begaan wat mens laat vermoed dat hy nie goed herlees het nie. Hierdie keer is dit die verwysing na “Springsteen se Tom Joad”. En al wentel hy dit onmiddellik verder na die pop-sfeer (via pinball), gaan die aandag terug na Springsteen/Tom Joad. Joad is die hoofkaraker in John Steinbeck se The Grapes of Wrath. Amid behoort te weet dat sowel Springsteen se liedjie oor Tom Joad volledig teen die Steinbeck-roman gekaats is.

Het jy geweet ek kan toor, deur Jeanne Goosen. Resensie: Joan Hambidge. (Boeke24) ’n Verspeelde kans. Ek het al voorheen verwys na Hambidge se werkwyse as resensent – die manier waarop sy ’n reeks aantekeninge saamvoeg, en dit dikwels die indruk van aforismes wek. Wel, hierdie keer slaag dit nie. Sy herhaal indrukke (soos oor die gedig as argief), maar brei nie daarop uit nie. Ander dele van die resensie lyk soos los indrukke wat geïllustreer is met aanhalings uit Goosen se gedigte. Binne hierdie konteks val haar paragraaf oor onvoltooide, nagelate verse, en die verwysing na Truman Capote se Answered Prayers: The Unfinished Novel mens dadelik op as ’n hinderlike vertoon van erudisie. Van ’n diepgaande analise van Jeanne Goosen se digkuns is daar nie sprake nie.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comentarios


bottom of page