‘n Liedjie uit die vergange Tukkiedae duik nou die oggend, wanneer, skielik spontaan in my gedagtes op:
And when I die And when I die Don’t bury me at all Don’t bury me at all Just pickle my bones Just pickle my bones In alcohol In alcohol.
Ek e-pos dadelik vir Piet Henning van Chiredzi/Louis Trichardt, wat destyds ons “liedjieboer” was. Hy het met ‘n sak vol rugbyliedjies (nie almal ewe behoorlik nie) van St. John’s College in Johannesburg by Kollege-tehuis oorkant die Jukskei opgedaag.
“Onthou jy hom? Onthou jy die res van die woorde?” wil ek weet.
Nie lank nie hier blits Piet se antwoord terug:
Tshikelei tshikelei Kom lê by my kom lê by my dat ek en jy dat ek en jy so lekker kan vry tshikelei, tshikelei.
Natuurlik, toe onthou ek. Net, na my wete, moet dit lui “tshikelei-di-ei, tshikelei-di-ei”. Die ekstra lettergrepe sing lekkerder.
Nietemin, nou is die sluise van “onthou-jy-nog?” oop wat Tshikelei of Thsikelei-di-ei betref. Oor ‘n laat-Sondagaandwyntjie onthou ek toe ook die volgende versies:
You can’t go to heaven No you can’t go to heaven In a Ford V8 In a Ford V8 ‘Cause a Ford V8 ‘Cause a Ford V8 Will crash at the gate Will crash at the gate!
You can’t go to heaven No you can’t go to heaven In the SAR In the SAR ‘Cause the SAR ‘Cause the SAR Don’t go that far Don’t go that far!
You can’t go to heaven No you can’t go to heaven In this old bus In this old bus ‘Cause this old bus ‘Cause this old bus Is full of us Is full of us!
Pierre le Roux tree intussen uit Mosselbaai tot die gesprek toe. “Thsikelei” of “tshikelei-di-ei” maak nie saak nie. Albei is dooddollies, laat weet hy.
Wie wil nog saamgesels? Al vereiste (darem net speel-speel): jy moet 70 jaar oud (of dêm amper 70) wees!
ความคิดเห็น