top of page
  • Uitmelkbos

TRAP DER OUDERDOM


Wol Steyn, TvD en HvD in 2007.

More trek die Volkie-matrieks van 1957 op Potjiesdorp saam – in die personeelkamer, verneem ek by een van die geesdriftige re-uniegangers, Wol Steyn. Glo omdat gereken word van die oues van dae sal nie meer die trappe kan bestyg na die lekker onthaalkamer, Die Arend, nie.

Wol is verontwaardig. Wouter (dis sy regte naam) klouter nog elke dag op en af van die bak van ‘n 10-ton-vragmotor, snork hy.

Wol., als goed en wel en ek’s bly om te hoor van jou volgehoue ratsheid, maar ek het darem al die vorige keer, in 2007 (50 jaar na matriek), gesien hoe party van ons ou tydgenote bra mankerig swoeg en beur om die Arend te bereik.

Tokkie het toe al opgemerk die volgende re-unie is “take-aways” ons voorland!

Nie meer die Trap der Jeugd vir ons klomp nie – nou die Trap der Ouderdom.

Die harde waarheid is: party van onse kalwers kan nog net die trappe van vergelyking gerieflik bestyg: sukkelend, sukkelender, sukkelendste!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page