top of page
  • Uitmelkbos

TOT SIENS, PIET UYS

Piet Uys, spanmaat van Frik du Preez en Mof Myburgh in die spanne van die Blou Bulle en die Springbokke in die beginjare van die 60’s, is oorlede, lees ek vanoggend in Rapport.

Piet Uys se dood, op 72, tref by my ‘n snaar. Hy kom uit die era toe ek lief geword het vir Loftus en die Blou Bulle, en sommer op rugby in die algemeen versot geraak het.

Ek groet hom met die foto hierbo, waarvan hierdie afdruk waarskynlik die enigste is. Hy druk hier n drie vir Bobbies (Polisie) teen Tukkies. Te laat om te keer, is Proppie Goosen, studentemaat wat vir Tukkies, Noord-Transvaal, Natal, O.P. en S.W.D. skrumskakel gespeel het. Proppie is n afgetrede landmeter en woon met sy mooi vrou, Lettie, op Outeniekwastrand (dalk Glentana?)

Hy en Nic Boje, wat met sy mooi vrou, Chrissie, op Stilbaai afgetree is, was ‘n droom-skakelpaar.

Die fotograaf is Dirk Cloete, ingenieurstudent, wat met sy kamera en motorfiets daardie tyd ‘n bekende figuur op Tukkies se kampus was. Die foto was in die Tukkie-studentekoerant Die Perdeby, waarvan ek in 1961 die redakteur was.

Tot siens, Piet. Jy was ‘n Meneer. Ek glo die grote Frik pik ook vanaand ‘n traan uit die oog.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page