Ek wil terugkom op filmtonele wat by my vassteek. Daar is ‘n paar loeloes.
Voor dit gebeur, net gou ietsie oor ‘n video wat iemand aangestuur het oor hoe die Dene deesdae spoedgrense afdwing.
Hulle doen dit met kaalborsmeisies wat rondborstig borde met die spoedgrense omhoog hou. Almal ry stadiger om beter kan sien!
Die kopskrywer (skrywer van koerantopskrifte) in my is daardeur geprikkel.
My opskrif: Deense “tol”-paaie stuit jaers teen die bors!
Comments