- Izak de Vries
Toevallige Tekens op Vers en Klank
As julle werklik mooi gedigte wil hoor, luister gerus vanaand na Vers en Klank op RSG. Daniel Hugo lees gedigte voor uit Martjie Bosman se Toevallige Tekens.
Kyk ’n bietjie hoe opgewonde Andries (Roof) Bezuidenhout is oor Martjie se bundel.
En hier is my eie resensie daaroor.
Daar was Saterdag ’n bekendstelling van hierdie bundel saam met Johann Lodewyk Marais se nuwe teks Diorama. Mense was gaande oor die gedigte.
Luister self. Onthou jy kan ook die potgooi aflaai – en buitelanders kan luister oor die internet op www.rsg.co.za.
Viva pragtige poësie, viva!