top of page
  • Chomsetussenbetragtings

Toe en nou

TOE: 'n Groot groep seuns vorm rondom die twee, hulle slaan die kak uit mekaar uit, skud hande en die volgende dag is hulle dik pelle.

NOU: Polisie word ontbied en arresteer vir Jan en Piet. Alle selfone met videos van die fight word gekonfiskeer as bewysstukke. Albei word aangekla vir aanranding. Altwee word geskors al het Piet die kak begin. Die ouers word ingeroep vir konsultasie en die ander kinders wat die fight gesien het kry trauma berading. Die video van die fight is beskikbaar op UTube.


Scenario: Piet onstig die klas want hy wil nie stilsit en stilbly nie

TOE: Piet se gat word vuurwarm geslaan. Hy sit nog steeds nie stil nie want sy gat brand te veel, maar hy hou darem sy bek en maak matriek klaar en word 'n suksesvolle besigheidsman.

NOU: Piet word op Ritalin gesit want hy het een of ander hiperaktiewe neiging. Word 'n zombie. Word getoets vir ADD, ADAD en nog afwykings met net letters. Die juffrou sukkel haar gat af. Piet kan nie bybly nie en verlaat skool na Standerd 6.

Scenario: Jan gooi 'n klip en breek 'n ruit van die buurman se huis.

TOE: Jan se gat brand. Hy moet vir 'n week lank in die buurman se tuin werk.

NOU: Jan se gat brand. Sy pa word gearresteer vir kindermishandeling. Jan word in pleegsorg geplaas. Die sielkundige oortuig Jan se suster dat haar pa haar seksueel aangerand het en hul pa gaan tronk toe. Jan se ma en pa skei want sy het 'n verhouding met die Sielkundige.

Scenario: Piet druip Engels op hoërskool.

TOE: Piet se gat brand. Hy moet Engels ekstra klasse loop. Hy slaag Engels goed in matriek en gaan universiteit toe.

NOU: Die onderwyser kry die skuld. Piet is getraumatiseer. Sy saak word opgevat deur 'n plaaslike menseregtegroep wat bepaal dat dit rassisties is om Engels 'n vereiste vak te maak. Dit raak 'n politieke storie en 'n saak word aanhangig gemaak teen die skool en die Onderwysdepartement. Engels word van die curriculum afgehaal. Piet slaag matriek goed, maar sny gras vir 'n lewe want hy kan fokkol Engels praat.

Scenario: Jan vat 'n klomp klappers, maak 'n bom daarmee en blaas 'n miershoop op.

TOE: Jan se gat brand. Die miershoop is in sy moer. Duisende miere dood.

NOU: Die Veiligheidspolisie en SPCA word ingeroep en Jan word aangekla van stedelike terrorisme en dieremishandeling. Sy ouers word dopgehou. Jonger broers en susters word van die huis af weggevat. Hulle rekenaars word gekonfiskeer en Jan se pa word op 'n lys van terroriste geplaas en hy kan nie verder werk kry nie. Die familie krepeer.

Scenario: Piet val sy knie in nerwe gedurende pouse. Sy juffrou vee sy trane af, maak die knie skoon en gee hom 'n drukkie.

TOE: Piet voel gou beter en tweede pouse hol hy al weer rond.

NOU: Piet se Juffrou word beskuldig dat sy 'n pedofoes is en verloor haar werk. Sy kry 'n opgeskorte vonnis. Piet ondergaan terapie vir die volgende vyf jaar. Raak 'n moffie.

3 views

Recent Posts

See All

Net 9 disse?

Kom ek op hierdie interessante berig in die Sowetan af vandag, en herken myself toe baie goed! Alhoewel die studie onder die Britte gemaak is, dink ek dis tot 'n groot mate op ons van toepassing. Sal

My kortverhale (wow, dit was pret!)

Hy klap die agterdeur met 'n dawerende slag agter hom toe. Sy bly op die vloer sit, en vryf oor haar brandende wang. *** "Mamma, waar's Pappa?" Sy sug, vat haar dogter om haar maer skouers en lei haa

Joeeeeehoeeee! Ek's terug! (dink ek...)

Hallo liewe blogvriende! Ja, vir die eerste keer in VIER maande het ek weer soortvan internettoegang! Dankie vir die van julle wat my nie vergeet het nie, en so nou en dan 'n boodskappie gestuur het (

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page