Reen, reen, lieflike reen – Ge Korsten hoe kon ek jou liedjie vergeet toe ek my blog hieronder oor die voeltjietorts op Annette van Rensburg se kop skryf! Ek haas my om dit reg te stel.
Maar Reen, reen, lieflike reen is nie al wat vergete gebly het nie. Trouens, as jy aan reen-liedjies begin dink, dan tip-tip dit nie net, dan sjor dit behoorlik.
Ek noem net nog twee grotes.
Wie van ons ouer garde onthou nie Johnny Ray se Just walking in the rain nie? Ek dink ek was so 10 jaar oud toe dit op die treffersparade was.
Just walking in the rain
getting soaking wet
torturing my heart
by trying to forget ….
En wat van My favourite things, een van die immergroen Sound of Music (1965) se vele treffers?
Raindrops on roses
and whiskers on kittens
bright copper kettles
and warm, woolen mittens …
Julie Andrews het die liedjie mos ‘n jaar of wat gelede op haar 70ste verjaardag of iets gesing – maar ‘n parodie met ander, relevanter, woorde vir iemand van haar jare. Mary van Sound of Music se gunsteling-goedjies is, helaas, nie noodwendig nog die staatmakers in Julie se herfsjare nie!
New York se volgepakte Radio Music Hall het soos een man vir Ouma Julie opgestaan.
Ek vertel dit graag – dis my definisie van ‘n senior oomblik!
コメント