top of page
  • Uitmelkbos

TIENGELIENGELIENG, HOERA!

Die Kaapse nooi sing tiengeliengelieng, hoera!

Die Kaapse nooi spring tiengeliengelieng, hoera!

Die Kaapse nooi skud tiengeliengelieng, hoera!

Gister op Nuweland het hulle heeltyd staan en skud, die oulike WP-“vodameisies” in hul knap matroospakkies. Baie energiek en so aan.

Geen beswaar nie, hoor – al is hierdie ou gryse eintlik ‘n Blou Bul en al dink hy Pretoria se rugbymeisies in hul cowboy-uitrustings is die begeerlikste, met die Sharks se avontuurlike “loer-gou-poppies” net-net in die tweede plek.

Wat ek wonder, is waarom die heer Tony Ehrenreich en sy Cosatu-comrades hierdie blatante diskriminasie nog so geduldig duld.

Meen, as Helen Zille nie net mans in haar Kabinet mag hê nie, newwermaaind hoe bekwaam hulle is, hoekom mag die rugby-unies dan net meisies by hul velde laat spring en skud, newwermaaind hoe oulik hulle is.

Sien juis ons trek al by vroulike assistant-skeidsregters (of dan vlagvroue, soos ons tot nou die dag nog gepraat het).

Dan raak die tyd seker ryp vir ‘n paar manlike dansers in hul tutu’s tussenin die baldadige rugbypoppies ter wille van ‘n bietjie geslagsgelykheid of hoe?

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page