top of page
  • Izak de Vries

This is it NOT


My knaap is mal oor Micheal Jackson. Hy dans soos Jackson, hy luister na Jackson se musiek. En hy spandeer ure op YouTube om sy eie danspassie te verfyn.

Dus, hoe kon pa dan nou nié vir hom vat om This is it te gaan kyk nie?

Ek was mal oor die film, maar Knaap, glad nie. Hy kon nie verstaan wat aangaan nie. Ek dink ’n metafilm is iets waarvoor jy meer volwasse moet wees.

Ek was nog nooit ’n vreeslike Jackson aanhanger nie, maar raai wat gebeur toe? Daar sit ons in die teater. Pa geniet hom gate uit. Knaap is verveeld.

Ons moes uitloop, want Knaap kon dit nie meer hou nie. Dis nie YouTube waar jy kan kies wat jy wil sien nie.

Dêm. Vir my was dit dus: This is it NOT.

Ek het egter die stuk wat ek wel gesien het, baie geniet. Beligting en choreografie bly iets waaroor ek opgewonde kan raak. MJ was ’n meester choreograaf.

Die skerm was ook groot genoeg dat ek kon sien wat die musikante doen. By tye het ek verby die dansers gekyk en die musiekfabriek dopgehou.

Nou ja. Ek dink ek gaan eendag die DVD in die hande probeer kry. Ek sou egter sê: Kyk dié een op die groot skerm as julle kan (sonder ’n knaap wat wil huistoe gaan)!

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page