top of page
  • Izak de Vries

The Myth of Andrew and Jo

Wat gebeur as ’n man en ’n vrou ... seks het?

Wel, soms gebeur ’n baba.

Goed en wel. Maar wat as die man en die vrou albei gay is, en albei deel is van ’n vaste (gay) verhouding? Daardie één hetero-aandjie saam sal niemand mos van weet nie?

Behalwe as hulle ’n baba kry.

Gideon van Eeden is een van ons belowendste jong dramaturge. Hy woon ’n groot deel van die jaar in Amsterdam, want sy meisie is daar, maar wanneer hy terug is by die huis, gebeur allerlei lekker goed – soos hierdie drama.

Ek wil vanaand gaan kyk. Die speelvak is bitter kort, hopelik kom dit terug vir nog.

Dis in die Artscape, die prys is R30.

27 Nov 09 20:15

28 Nov 09 16:00

28 Nov 09 20:15

Die stuk duur ’n uur en ’n half.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page