top of page
  • Izak de Vries

The Great Whites of False Bay


Party van julle weet seker dat die uwe ’n kranige fotograaf is. So, wanneer ’n boek soos hierdie my pad kruis, moet ek daaroor verslag doen. Weet julle hoe amper onmoontlik dit is om ’n foto soos die een hierbo te neem?

Wel, Dirk Schmidt het dit reggekry en sy pragtige boek van 100 bladsye, volkleur, in A4-landskapformaat, is nou beskikbaar.

Dirk se besonderhede volg binnekort, maar ek wil eers gou ’n ander geheim met julle deel. GaySpeak het ’n kompetisie waarin hulle kopieë van hierdie pragboek weggee.

Julle moet dus NIE op hierdie skakel kliek en deelneem NIE, want dan is my kanse om een te wen kleiner. Ek gaan beslis deelneem.

As julle nice is en nie deelneem nie, koop dan maar die boek. Hier is al die besonderhede.

The Great Whites of False Bay ISBN 978-1-920094-52-2 Prys: R179.95 BTW inkl.

Dirk se besonderhede:

Posbus 174 Simonstad 7995

Faks: 0880217864249

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page