top of page
  • Izak de Vries

Terre'Blanche nou ’n dooie digter

Om verskeie redes was ek nooit ’n liefhebber van Eugene Terre’blanche nie. Ek het talle male my nek uitgesteek en gevra vir die teenoorgestelde van dít wat Terre’blanche en sy boeppenskakiebrigade wou hê.

Maar ek gaan een van die stemme wees wat vinger wys na Julius Malema. As Malema kan sê “Skiet die boere” wat weerhou die AWB daarvan om op Terre’blanche se begrafnis te skree: “Maak dood die kaffers!”?

Dis die probleem: Oubaas Nelson Mandela het vir ons gewys wat nederigheid is en hoe om te versoen. Malema en Terre’blanche het vir ons gewys hoe om Mandela se nuwe Suid-Afrika nader aan ’n bloedbad te stoot.

Terre'Blanche gaan nou, onregverdig so, ’n plekkie kry in die regse annale as ’n dooie digter wat iets probeer beteken het vir sy volk.

Snert, man. Hy was ’n ekstremis soos Julias Malema.

Die feit is egter: Hier is nog ’n dooie boer.

Ek wonder wat die ANC gaan sê as ek ’n liedjie skryf wat sê:

Bring die masjiengeweer,

Skiet Malama dood!

Bring die masjiengeweer,

Skiet Malema dood!

Sal hulle my reg op vryheid van spraak handhaaf?

Ek glo nie. Maar dis ook nie ter sake nie. Dis ook nie wat ek wil doen nie.

Nee, wat. Ek sal liewer op daardie oomblik waar Eugene Terre'Blanche se kis finaal in die graf afsak, my vuis bal met die strydsaluut en skree:

Viva Mandela!

Viva Vryheid!

Viva Versoening!

En dan, in die woorde van Antjie Krog, maar effens verdraai:

Ons is

Ons is

’n Vry fokken Nasie!

Fok Malema!

Fok die AWB!

Ons is

Ons is

’n Vry fokken Nasie!

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page