top of page
  • Uitmelkbos

TELEGRAM VIR TOKKIE(2)


Toe daag ‘n “telegram” jou werklik vanoggend by Tokkie op.

Vroegoggend op op haar “clickety click”!

Dit is nie ‘n regte, egte, outydse telegram nie – sien my blog “Telegram vir Tokkie” van 11/3 – maar ‘n gesimuleerde poging van Sarel en Liesbeth Venter van Bloemfontein.

Oulik en oorspronklik – en dalk die eerste “telegram” wat Tokkie op haar verjaardag kry sedert ek op 15 Maart in 1965 op haar tedere 19 vir haar uit Leeusig, Kaapstad, getelegrafeer het: “Jy is nou amper groot”.

Binne twee jaar daarna was ons voor die kansel.

‘n Foto van die rekenaar-“telegram” verskyn hierbo. Lyk werklik outentiek met die =D= =LX=, die lot.

Al is vandag se “telegram” nie deur ‘n bode met ‘n leersakkie om die nek en klingelende klokkie per fiets afgelewer nie, het Sarel en Liesbeth se e-pos-boodskap netjies daardie beeld in die gees opgetower. Dit lui:

“MORE MENEER! HIER IS ‘N TELEGRAM VIR MEV . TOKKIE VAN DEVENTER. JA, MENEER, ‘N TELEGRAM.

DANKIE, MENEER. KOEBAAI, MENEER!”

Ek voel so ietwat voorgespring. Het Woensdag mos geskryf ek sou graag weer virt Tokkie ‘n telegram op haar verjaardag wou stuur. Toe gee mede-blogger Kobus Victor van Durbanville die wenk: laat iemand vir jou een ontwerp en stuur dit saam met ‘n bos rooi rose.

Hy’s ‘n romantiese ou doring, die Kobus!

Nietemin, ek sien toe op teen die uitdaging. Fabriseer toe maar ‘n gewone kaartjie. Sit dit tog wel in ‘n koevert waarop staan: ‘n Telegram vir Tokkie.

Toe vat die Venters die gaping.

Kon my met ‘n veertjie omtik toe ek die e-pos oopmaak. En Tokkie – sy het gestraal.

Haar “clickety click” is op besonderse wyse daardeur opgekikker.

5 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Komentáře


bottom of page