top of page
  • Uitmelkbos

TEDDIE, TEDDIE OO7!

Die versteekte loerkameratjie met sy legio spioenasie-gebruike (en misbruike) het nou ‘n spesiale naam gekry, sien ek. Dit heet die “nanny cam”.

Koop ‘n “nanny cam” vir Kersfees en beloer jou bediende! Só word die “ogie” wat jy in enigiets kan sit, van ‘n teddebieer tot ‘n potplant, tot ‘n muurhorlosie, brutaal ge-adverteer.

Party advertensies is nog brutaler. Die ene in ‘n Melkbos-biljetjie wat mev. Van D se oë laat rek het, kondig aan “beperkte Kersfeesvoorraad” is beskikbaar vir almal wat “gatvol” is oor vermiste kos of kruideniersware, vreemde hare in hul beddens of tandeborsels wat snaaks proe. Grrr!

Kinders word soms afgeknou, en die behoefte van ouers om te weet wat agter hul rûe aangaan, is nie onbegryplik nie. Maar ek wonder darem oor die inbreuk op privaatheid wat dit behels.

En die kans vir misbruik wat die onortodokse “Kersgeskenkie” skep. Sien juis in Jacksonville, Florida, is ‘n ou vasgetrap wat met sy “nanny cam” ‘n kaal meisie in haar badkamer afgeloer het.

Voorgestelde naam: “cutie cam”! Of dalk: “booby trap”!

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page