Ek het gevra en die antwoorde het flink gekom, meesal met sterk oortuiging uitgespreek.
Die uiteinde is dat die Van D’s se kreef op 17 Desember kombuis toe gaan.
Dis Tokkie se pot wat wen – HvD se kole is uitgestof.
Tussen ons gese, na al die vriendelike raad het ek skielik begin twyfel of ek gekonfyt genoeg is om kreef te braai dat dit nie rubber word nie.
Ek krabbel liewer terug en vat nou die slag vir my ego as die aand van 17 Desember – dat my kreef op die kole dalk nie aan die verwagtinge voldoen nie.
‘n Kort skande is beter as ‘n lang verdriet, se Johan van Wyk. Ek stem.
Maar eendag, eendag, gaan ek nog Una se resep probeer.
Comments