top of page
  • Uitmelkbos

Taai toffie

Wium van Zyl skryf oor Vlugtig deur die hel, deur Gert Sarrisam. (Rapport Boeke) Wium van Zyl sê dié boek was vir hom maar ’n taai toffie – en dis presies die gedagte wat by mens opkom wanneer jy die resensie lees. Die resensent moet probeer om duidelikheid te bring, leiding te gee vir diegene wat die boek self gaan lees – maar gou het mens die gevoel dat die boek se onortodokse inhoud vir hom ’n klipharde Wilson-toffie was. En die bietjie wat Van Zyl vertel oor die inhoud laat mens wonder of die skryf nie vir Sarrisam ’n soort terapie was wat liefs nie in die huidige vorm gedeel moes gewees het nie.

Kerneels Breytenbach bespreek Kamphoer, deur Francois Smith. (Rapport Boeke) Dis nou seker wat mens ’n gloeiende resensie sou noem. Breytenbach se geesdrif is aansteeklik, al is die resensie vir my effens swaartillend. Die resensie het vir my een leemte – dieselfde soort gebrek wat mens kry wanneer digbundels bespreek word en daar geen enkele aanhaling is wat die uitsprake help staaf/illustreer nie. En dis tog hier sekerlik ’n vereiste – die resensent gee so hoog op oor die gehalte van die skryfwerk. Wat ek wel van die resensie hou, is dat Breytenbach sy betoog só aanbied dat ’n mens die boek onmiddelik wil hê en lees.

André Bartlett skryf oor Ek kies steeds die kerk, deur Neels Jackson. (Boeke24) André Bartlett krap hier aan ’n ding en ’n mens moet hom tot orde roep. Sy resensie is heeltemal leesbaar en interessant tot by die punt waar hy sê dat die boek ook moes stilgestaan het by die redes hoekom party mense dit moeilik vind om hulle langer met die kerk te vereenselwig. Wat? Ons het mos nou al so vyf jaar gelede alles daaroor gelees in George Claassen se bydraes in By. Kan ons dit nie maar as gelees beskou nie? Einde van grappie. Dis goed om te sien, hier in die tyd wat joernaliste se dae skynbaar getel is, dat Neels Jackson se werk gebundel word.

6 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page