top of page
  • Uitmelkbos

STUKKIE SUIWER GOUD


Ek het enkele dae gelede op my blog gevra of ek en Francois Lotter van Die Burger nou “celebrities” is? Mense het immers amper R1 per minuut betaal om ons by die Woordfees te hoor. Na vandag het ek geen twyfel nie.

Ek wou die foto hierbo bestel wat verlede Woensdag op Die Burger se bladsy 3 was. Die fotografie-afdeling het my hoflik hoflik na ‘n nommer in Johannesburg verwys. Ene Marissa het teruggebel.

Sy deel toe mee dit sal my R500 (vir die lisensie) kos plus die koste van die afdruk. Dat ek die foto slegs vir my eie private foto-album soek, verander niks aan die saak nie.

Op my opmerking dat koerante in my tyd sulke foto’s vir R10 verkoop het, het sy uit die hoogte gereageer: “Dit is nie meer daardie tyd nie”.

Mense, bekyk daardie foto goed. Dis ‘n stukkie suiwer goud. Ek het nie eens gedink jy betaal R500 vir ‘n kaalbasfoto van Kate Middleton nie!

0 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page