top of page
  • Uitmelkbos

STOUTE ‘HELLE GUCCI’


As so ‘n stoute premier

Die gange van mag

Met haar skoonheid versier.

 Hierdie HvD-versie sal nie ‘n verseboek haal nie.   Helle Thorning-Schmidt, eerste minister van Denemarke, wat beroemd/berug geraak het vir haar “selfie” saam met Obama en Cameron by die Nelson Mandeladiens, roer egter die “digterlikheid” in die ou man se gebeente.

 Hierdie 46-jarige moeder van twee, premier sedert 3 Oktober 2011, is beslis nie jou konvensionele eerste minister nie. Sy word deur minstens vyf dinge onderskei: Sy is ‘n vrou, sy is aantreklik, sy het baie mag, sy tree op soos ‘n gewone mens en sy is getroud met die seun van Neil Kinnock, vorige leier van die Britse Arbeidersparty.

Haar klerekas en “stout” reputasie het vir haar in haar geboorteland die bynaam “Gucci Helle’ verwerf. Haar profiel is een wat jy gewoonlik met die vrou van ‘n sokkerspeler of ‘n model sou assosieer, nie met ‘n eerste minister nie, word geskinder.

Hoeveel premiers, sou byvoorbeeld, op ‘n openbare vergadering hekelaars oor haar klere pront meedeel: ‘Ons kan nie almal soos ‘s***’ lyk nie’?   Of ‘n militêre  vliegtuig na oorlogsgeteisterde Libië bestyg in ‘n kamoefleerjas en stilettos, met ‘n helderrooi Gucci-handsak?

Die opskrif in een Deense koerant was: “|Helle Vat Haar Handsak Saam Oorlog Toe”. 

Fluisteringe word al hoe meer gehoor oor die rol van Botox in haar voorkoms.

Helle en haar jonger man, Stephen (42), het twee dogters en is getroud sedert 1996.  Hul huwelik is, soos syself, ongewoon. Hy woon in Davos, Switserland, en kuier net naweke tuis. Sy gedurige afwesigheid het al belastingverleentheid vir die egpaar veroorsaak.  Dit het ook gerugte gevoed dat hy sogenaamd “gay” is.  Die eerste minister was in ‘n stadium verplig om te ontken dat dit die geval is. “Dit is so grotesk. Dit is onaangenaam dat mense so van ons praat.”

Intussen speel die Dene heerlike “selfie-selfie” sedert hul premier se stuitigheidjie in Soweto. Een opposisie-parlmentslid spog selfs met ‘n selfie waar hy ‘n soentjie op die eerste minister se wang plant!

(Dankie, Google, vir heelwat van die inligting.  Die blog word geplaas om lesers van die “Melkbos Mail” ingelig te hou voordat die Sondagkoerante more die straathoeke tref.)

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

留言


bottom of page