top of page

Stokou grappie, dog immergroen...

  • Chomsetussenbetragtings
  • Jan 14, 2009
  • 1 min read

Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer. Haar gesig lyk soos 'n Hoeveldse donderstorm. "Genugtig! Hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses gaan?



Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het. Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het. Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het. Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan haal. Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het. Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het. Dit was Mammabeer wat die kat en die pappegaai kos gegee en versorg het. En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle TV-kykery gisteraand".


"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer se nie!".


"Ek. Het. Nog. Nie. Die. Fokken. Pap. Gemaak. Nie!!!!!!!"

Recent Posts

See All
Net 9 disse?

Kom ek op hierdie interessante berig in die Sowetan af vandag, en herken myself toe baie goed! Alhoewel die studie onder die Britte...

 
 
 
My kortverhale (wow, dit was pret!)

Hy klap die agterdeur met 'n dawerende slag agter hom toe. Sy bly op die vloer sit, en vryf oor haar brandende wang. *** "Mamma, waar's...

 
 
 

Σχόλια


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page