STEM TOG VIR ONS BERG!
- Uitmelkbos
- May 8, 2010
- 1 min read

Haai, roer julle en stem vir ons berg!
Die indrukwekkende Tafelberg is een van die kandidate vir die sewe nuwe natuurwonders van die wereld.
Trouens, hy’s een van die 28 top-finaliste.
Maar in Die Burger lees ek die Suid-Afrikaners stem maar traag. Van Tafelberg se ondersteuners tot dusver is 98,2% buitelanders.
Dis “Swak, Piketberg!” verby.

Gaan na www.votefortablemountain.com om te stem.
Stem nou vir die blerrie berg, man, sou Nataniel gese het.
Onthou: stem vroeg, stem reg, stem dikwels!
Comentários