top of page
  • Uitmelkbos

STAMBOEKBAADJIE (BLOG 997)


LINKS: Splinternuut. HvD in sy baadjie om oor huis toe te skryf. Die VanD-gesin in 1976.

Toe ek in die herfs van 1976 by ‘n manswinkel in Johannesburg instap om vir my ‘n Harris Tweed te koop, was Tokkie aanvanklik ongemaklik dat die baadjie wat my geval het, te los sit.

“Toemaar. Mevrou, hy sal hom ingroei,” het die verkoopman ‘n profetiese insig openbaar. Sy het haar eers opgeruk, maar haar tog teensinnig laat ompraat.

Daardie baadjie is saam Amerika toe vir die Niemanjaar aan Harvard. Baie nagte as die sneeu neerswiep, het ek my gestopte sneeubaadfjie bo-oor my  Harris Tweed gewikkel wanneer ons gesinnetjie iewers in ‘n “trailer camp” snags agter in my Corona-stasiewa (1972-model) opkrul.

‘n Jaar of drie gelede is die baadjie George toe. Die verkoopsman had dit helaas nie mis nie. Ek het die Harris Tweed in- en uitgegroei. Die algemene oordeel was dat Johan, my seun, beter in hom sou pas.

Sowat ‘n jaar gelede het egter in pa en seun se lywe omgekeerde groei plaasgevind. Ons het geoordeel die baadjie sou dalk meer funksioneel wees terug in HvD se kas.

Nou hang hy hier, 37 jaar nadat ek hom gekoop het, in my hangkas in die hoek. My baadjie met die drie etikette:

Hand woven – Pure Scottish wool. The Harris Tweed Association Limited. Registered trade mark no. 319214. Elegante herrenkleidung. Frankfurt. Modèle W. Deutschland. Suiwer nuutwol. Pure new wool.

Het hom gisteraand aangepas, hierdie stamboekbaadjie van my. As ek net ‘n dun slaaphempie aan het, knoop hy amper toe.

Miskien moet ek nog ‘n bietjie vasbyt. Dis ‘n dekselse mooi baadjie. Waar kry jy boonop weer een met so ‘n geskiedenis, karakter en tradisie? Belangriker: sal ek dit kan bekostig?

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Opmerkingen


bottom of page