top of page
  • Uitmelkbos

SPRING VOOR 07:18!

Eerste happie van vanoggend se gedeeltelike sonsverduistering langs Melkbos se Otto du Plessis-rylaan sit en dophou – deur Tokkie se mammogram. Dit is al 3D-erige iets wat ons vinnig kon raakgryp.

Die ongeluk: toe kyk ek meer na die voorwerpe op die mammogram as die donker happie wat stadig groter word. Oulik, man oulik.

Kapenaars wat vinnig spring, kan nog tot 07:18 die son dophou. Van hier af d sal die sonsverduistering sowat 80 minute duur. Teen 07:18 sal omtrent 10% van die son verberg sal wees.

By die suidpool sal die maan naastenby 80% van die son blok. Slegs mense in Kaapstad, die Australiese eiland Tasmanië en die suidelike eiland van Nieu-Seeland kan die verduistering sien. Sowat 90% van die son sal in dele van Antarktika nie gesien kan word nie en die middelpunt van die skaduwee sal 330 km van die suidpool af verby beweeg.

Spesiale filters moet gebruik word om na die verduistering te kyk. Direkte sonlig kan die oog erg beskadig.

Nee, ek gaan nie “ons filter” hier opsit nie – niemand anders se besigheid nie!

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page