top of page
  • Uitmelkbos

“Spoiler alert”

Moord in die beloofde land, deur Francois Bloemhof. Resensie: Johan Smith. (Rapport Boeke) Die moderne konvensie skyn te wees dat resensente soms ‘n “spoiler alert” moet plaas by hul resensies. Wanneer hulle nie anders kan as ‘n deel van die verhaal se groot geheim te verklap nie. Johan Smith het nie nodig gehad om ‘n “spoiler alert” te plaas nie, maar hy het  gevaarlik na aan die wind geseil. Smith analiseer hierdie spanningsverhaal baie knap, Hy beskryf die verskillende verhaalelemente, en identifiseer dan uiteindelik iets wat hy dink ‘n “heeltemal ander verhaallyn” is, maar dan blyk om die kern van hierdie roman te wees. Ek het dié boek pas gelees, en dit is vir my interessant om te sien hoe Smith verbete daarteen waak om meer oor hierdie ander “teenwoordigheid” in die roman te sê.

Moord in die beloofde land, deur Francois Bloemhof. Resensie: Stephanie Nieuwoudt. (Boeke24) Geen “spoiler alert” hier nodig nie, trouens, dit lyk of Nieuwoudt die belangrike verhaallyn wat Johan Smit in sy Rapport-resensie aandui kwalik raaksien en afmaak as ‘n “surrealistiese” element in die boek, iets wat net by die hoofkarakter te vinde is. Geen wonder Nieuwoudt is maar louwarm oor Moord in die beloofde land nie.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page