top of page
  • Uitmelkbos

SOPNAT NAGMAAL


Wolkbreuk op Melkbos

‘n Sopnnat nagmaal vanoggend gewees in die NG kerk Melkbosstrand.  Terwyl die tekens bedien word, sak ‘n ‘n wolkbreuk uit, Geute oorstroom. ‘n Stuk van die kerksentrum se plafon gee mee.   ‘n Dam stoot op in die binnehof. Dit lek op die preekstoel en plek-plek in die kerk.    

 Melissa Opperman, teologiese student wat gepreek het, is vinnig by die kansel se trappe af om te gaan kyk wat aangaan. Diakens hardloop om emmers te gaan haal. Lukas Theron, gemeentebestuurder, is ook vinnig  uit en bly lank weg. Dr. James  Kemp, 80-plusser wat die nagmaal bedien het, gaan deur die kommisie egter net onversteurbaar voort.  Hy verdien ‘n prys vir teenwoordigheid van gees!

 Baie lidmate het besorgd sit en wonder: Hoe lyk dit by die huis?  Ook die Van Deventers. Wel, by ons is water onder die voordeur in, maar die skade was gelukkig gering. Net een matjie – na aan Tokkie se hart –  is deurweek. Maar om by die huis te kom, moes ons deur ‘n oorstroomde Charles Hoffestraat  ploeg. Niemand kon sien waar is sypaadjie of straat nie.

 Die reënmeter wys net 28 mm, maar dit was ‘n harde, vinnige 28 mm. Selfs die see lyk skielik nog woester.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page