VIr klipspringers bespied Wildtuin-besoekers gewoonlik die rotse op verre koppe intensief met hul verkykers. As jy enetjie raaksien, is dit groot opgewondenheid.
Die ou op die foto het ons verras toe ons hom op ‘n Sondagoggend soos
‘n standbeeldjie op ‘n padpredikant langs die besige rivierpad tussen Skukuza en Onder-Sabie sien staan.
Hy was ongestoord terwyl ons hom van alle kante afneem.
Net een vorige keer het ons klipspringers weg van hul gewone habitat op die klippe raakgeloop. Dit was middel in die pad op die teerpad tussen Onder-Sabie en Tshokwane – een van my persoonlike gunstelingpaaie in die Wildtuiin.
Let op die klipspringer se wollerige vel as jy hom van naderby sien. Ek verstaan as jy een wil laat opstop, moet daardie vel onmiddellik in ys kom. Anders is dit verby met dorisday. Wonder of iemand kan bevestig dat dit wel die geval is?
Die klipspringer-“standbeeldjie” is nommer twee in my beloofde informele reeksie oor ongewone dierefoto’s.
Comments