top of page
  • Izak de Vries

Soos familie

Ek was vanaand by die Book Lounge waar Ena Jansen 'n verhoog gedeel het met Sindiwe Magona en Antjie Krog. Dit het gehandel oor Ena se nuwe boek Soos familie, stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste. Ek kan nie wag om te begin lees nie, want die gesprek was so interessant.

Selfs beurtkrag kon nie die atmosfeer demp nie.

Drie formidabele skrywers op een verhoog.

Dit is 'n dik boek, maar Ena sê sy het hard gewerk daaraan om dit soos 'n storie te laat vloei. Dit is nie 'n swaar teks om te lees nie.

Ena teken Dan Sleigh se boek.

Joan Hambidge en Ena.

Die gesprekke ná die tyd is altyd interessant. Hier is Suzanne Hotz saam met Sindiwe. Suzanne vertel toe oor haar eie ma: "She broke through the colour barrier long before it was fashionable, but she never managed to break through the class barrier."

Pamela Pattynama, Ena se lewensmaat, is 'n akademikus in eie reg.

10 views

Recent Posts

See All
bottom of page