top of page
  • Izak de Vries

Soms byt die global in village terug

Partykeer is ek mal oor die global village. Ander kere is ek weer trots plaaslik.

Ek gaan hieronder RA-RA maak vir die plaaslike aanbod, maar eers hierdie twee juweeltjies:

Verlede Maandagoggend praat ek met ’n ingenieur wat gereeld vir my help met projekte. "Waarmee is jy besig?" vra ek.

"O," sê hy. "Ek is in Hermanus. Ek proeflees ’n PhD vir ’n Duitse universiteit oor rioolstelsels in Addis Abeba."

Hoe's daai?

Wel, hier is nog een, die keer haal ek sommer direk aan uit die Engineering News van 5 Februarie 2010.

Moscow is offering to make South Africa the maintenance hub for most of Russia's major modern commercial aircraft operating in Sub-Saharan Africa.

Daarnaas is ’n prentjie van ’n Tupolev Tu-204-120 wat deur Rolls-Royce enjins aangedryf word. Huh?

Vir die van julle wat so oud is soos ek, of ouer, klink bogenoemde waarskynlik soos ’n Monty Python-stuk.

- Russian Commercial Aircraft? Commercial?

- Tupolev en Rolls-Royce?

- Suid-Afrika en Rusland in die bed?

Ek sê dus: Klink ’n glasie mampoer op glasnost!

Maar dit bring my ook by die teendeel:

Die van julle wat Etienne van Heerden op Facebook volg, sal weet hoe hy sy dinges afsukkel om in Londen uit te kom.

Hoekom?

As.

Vulkaniese as uit Ysland. Die hele Europa is lamgelê, en die London Book Fair, met sy Suid-Afrika-fokus, word beman deur almal behalwe die Suid-Afrikaners.

Gelukkig het ons ongelooflike boekwinkels in Suid-Afrika. ’n Hele paar slim mense het Maandagaand ’n groot groep sprekers byeengebring in daardie onvolprese paradys, The Book Lounge.

Talle mense wat nie kon uitvlieg nie, het ’n draai gemaak en hulle toesprake by The Book Lounge gehou. Die aand is dan ook, heel gepas, genoem: Not the London Book Fair. (En tog is dit heelhartig ondersteun deur die LBF.)

Leopard’s Leap het die wyn geborg. (Koop kaste vol mense, hulle doen BAIE vir boeke.)

Modjadji Books, The Electric Book Company and The Book Lounge het kos verskaf.

Wonderlik, nie waar nie?

En Izak? Hy was natuurlik daar?

Wel, nee. Jy sien, hy het sy seun opgepas (uiters plaaslik), want sy vrou was besig om die kontinent se gesondheidsprobleme op te los . . .

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page