top of page
  • Uitmelkbos

SOMER IN DIE BOS

Wil dit nou nie invryf nie, maar vir al my Kaapse vriende wat so besorgd is oor die vreeslike hitte wat ons dan van more af in die Laeveld gaan trotseer, het ek darem ‘n boodskap.

Ons gaan stort en swem na hartelus, mense. As die watervlak in die swembadjie sak, vul ons hom met die tuinslang op. Die huis se ruite word gewas en die Honda skoongespuit. Saans word vuurtjie gemaak en buite gebraai. Elke aand trek die rokie direk opwaarts – tensy dit natuurlik reën, wat in Januarie in die bos nie nie te seldsaam is nie.

Maar as ‘n buitjie klaar uitgesak het, lewe die veld. Die vars reuk van die lug is verkwiklik. Die plate, plate klein bokkies baljaar uitgelate. As die skemer toesak, raas die tarentale en patrysies vrolik. Die paddas kwaak in ‘n crescendo.

Ai, dis swaar om jouself so te straf!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page