top of page
  • Uitmelkbos

Soetkoek

Fransjohan Pretorius skryf oor Die kuns van oorlewing, deur Alexander Kok. (Boeke24) Ek skryf nie oor resensies van vertalings nie, maar vermeld hierdie een graag as voorbeeld van ’n gedugte resensent wat wys hoe mens op ’n mooi manier nie alles vir soetkoek opvreet nie.Pretorius praat reguit, en bewys ons almal ‘n groot guns.

Ilza Roggeband skryf oor Moord per suurlemoen, deur Jeleke Wierenga. (Boeke24) Dialoog so vinnig soos Dale Steyn? Die regte opskrif vir ’n resensie wat soos blits lees totdat jy by die Dale Steyn-verwysing kom. Goeie vermaak.

Pieter Kapp skryf oor Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die patriotjare, deur J.C. Steyn. (Rapport Boeke) Ek kry die prentjie – hierdie is nog een van die werke van groot belang en omvang deur Jaap Steyn. Maar presies watse boek is dit? Naaslaanwerk? Kwasi-ensiklopedie? Feitegids? Argumenterende essays? ’n Bietjie té wollerig na my sin.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comentários


bottom of page