Nou net Herman Giliomee se boeiende boek Die Laaste Afrikanerleiers neergesit.
Dis ‘n moerse boek. Van die begin tot die einde was ek opnuut vasgegryp deur die tragiese geskiedenis van die Afrikaner se futiele strewe na ‘n resep vir die een of ander vorm van magsbehoud; die verhaal van soekers wat nooit vind … en wat uiteindelik minder as ‘n hand vol vere oorhou.
Ook tragies weens die lot van al ons Afrikanerleiers, soos dit my tevore nooit so in ‘n geheelbeeld getref het nie:
1. Verwoerd wat in sy bank in die Volksraad vermoor word met ‘n dolk in die hande van ‘n versteurde immigrant;
2. Vorster wat vernerderd en verbitterd Oubos toe sluip, gediskrediteer deur die absurde Inligtingskandaal;
3. Die dinamiese PW wat onkapabel raak weens beroertes;
4. Die ANC-betowerde Van Zyl Slabbert wat in sy selfgeskepte politieke woestyn hoopvol maar vergeefs wag op ‘n reddende klop aan sy deur;
5. FW de Klerk wat tot in ‘n laat stadium in ‘n gekke sinsbegogeling bly dink hy en Mandela gaan saam die land regeer – die Kaap is Hollands.
Moet erken, ek was as redakteur ook maar onrealisties hoopvol meegevoer deur die valse sjarme van die mistieke ANC-“redders” uit onse onstuitbare politieke vryval; het ook maar bly vasklou aan die lekkergeloof dat dinge hier “anders” sal wees. Toe was dit nie.
Afrika,o Afrika!
Commenti