top of page
  • Izak de Vries

Soeker

Ja, ek val rond soos ’n dronk weeluis, maar dis alles die boek ten behoewe. Ek was ’n hele aantal dae in Gauteng, waar ons, onder andere, Soeker, deur Pieter Cilliers, gaan bekendstel het. Hier is ’n berig wat vandag in die Volksblad verskyn het. Vir diegene wat in die Beeld se verspreidingsgebied woon, kyk na bladsy 16 in vandag (die 18de) se koerant.

Die foto hierbo is deur Daan Prinsloo, self ’n outeur, geneem. Hier staan ons, van links na regs: Louise Prinsloo (outeur van Lukas, die geliefde geneesheer), Martjie Bosman (eindregisseur van Soeker, en die skrywer van Landelik en Toevallige Tekens), die uwe (met das!) en Nicol Stassen (my baas, en die skrywer van Afrikaners In Angola).

Ons het verlede week by die Woordfees ook oor die boek gepraat. Kliek gerus hier om heelwat foto’s te sien, en om die berig oor Soeker te lees in die Rapport.

Hierdie foto van Pieter en Yolanda Dreyer is deur Awie Badenhorst geneem.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page