top of page
Uitmelkbos

So prima as kan kom


Terwyl Beeld en Volksblad steeds (te oordeel aan hul webwerwe) vakansie hou en hulle nie steur aan die behoeftes van hul weblesers nie, skop Die Burger se Boekeblad die jaar op ‘n hoë noot af. Dit begin op ‘n gallop: Hermann Giliomee oor Japie Basson se derde (geskrewe) ego-trip, Carolize Jansen oor Antoinete Pienaar se wonderbaarlike “Kruidjie roer my”, Sandra Troskie oor C. Johan Bakkes se rumoerige, vreklekker “Norrevok” en Lenelle Foster se resensie van Denis Beckett se debuutroman, “Magenta”.

Vier resensies wat ek elkeen end-uit gelees het – omdat ek wou. Van die vier is Giliomee s’n effe outyds geskryf, maar ek besef dat dit te laat in die dag is vir Hermann Giliomee om nou sy styl te gaan staan en opjazz. Die ander drie is vonkvars – op die punt af, geskryf met ‘n geesdrif vir die onderwerp, en sê vir jou hoekom jy dit sal wil koop en lees. Of, soos in die geval van Beckett, nie te koop nie.

Dit sou onbehoorik van my wees om nie vir Gerrit Brand, boekeredakteur, geluk te wens nie. Dit is mos ‘n waarlik professionele poging hierdie. Mag dit die maatstaf word waaraan die res van die jaar se boekeblaaie gemeet word.

Wat Beeld, Volksblad en Rapport se boekeblaaie op die web betref: Noudat ons weet julle is nie ernstig daarmee nie, wonder ek of dit die begin is van boedeloorgee in Media24 se uitskudproses. Of is ek die enigste siel wat hulle mis?


0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page