top of page

Slaan jou oë op na die pale

  • Izak de Vries
  • Apr 19, 2009
  • 1 min read

... waar sal jou hulp vandaan kom? Met die verkiesing om die draai, is hier 'n sober gedig van my ou pel. Dalk is dit meer teologies as suiwer polities, maar goeie teoloë, nie geldmaakpredikers nie, was nog altyd bewus van die aardse, eerders as bloot die hemel. die hemel Madlala Makhaza met klik-klak-klanke knik en lok die boepbensmaan ’n san bekruiper agter jagvelde drilboudelande aan

nirvana vir die uitgelesenes

eksklusief en baie leeg vir die happy clappy charismate wat – slegs letterlik – gods woord oor eksklusie letterlik pleeg

maagde vir die moslemstryder

maagdelik vir die oujongnooichristenheidenbevryder

en hope hope lik- sense, passe of plastiek toegangskaarte vir haar wat honger ’n laaste druppel melk sonder heuning of brood uit haar seer pramme in haar sinkkaia in haar snotneuskind se voëltjiedunbeentjiebek druk Jare terug het iemand 'n slag vir Desmond Tutu gesê dat hy te veel politiek praat, en, voeg die persoon toe by, die goed wat Tutu sê, kom nie uit die Bybel nie. Waarop Tutu toe kalm antwoord: "En watter Bybel lees jy?"

Recent Posts

See All
Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

 
 
 
Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

 
 
 

Comentários


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page