top of page
  • Uitmelkbos

SIT TWEE K’S BY DIE KKNK

Sit maar twee K’s by die KKNK, en wel vir die kuns-koeterwaals wat die kunstenaars-garde van tyd tot tyd daar praat.

Op TV-Nuus verduidelik ‘n nooientjie gisteraand doodernstig van ‘n foto-uitstalling wat met die tegniek van “story telling” stories vertel.

Om ‘n storie te vertel deur stories te vertel – klink vir hierdie ou wat net vir die plesier sy kamera laat klik, nie na ‘n te buitengewone kunsvorm om onder die knie te kry nie.

“Elementary, my dear Watson” – of is dit dalk nie so elementer nie?

Bestaan ‘n ander manier om ‘n storie te vertel as om dit eenvoudig net te vertel?

0 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page