top of page
Uitmelkbos

SING OOR DIE SWARTLAND

Hier volg die pragtige vers oor die Swartland van M.M. Walters wat naamloos die begrafnisbrief versier van sy mede-Swartlander Ela Slabber wat op 25 Augustus 2006 op 93 jaar oorlede is:

Die Swartland is my Tuisland

Die Swartland is my tuisdland, soet land wat verrys uit die wye verlate heuwels van my herinnering, land van my kindwees waarheen ek moeg en grys terugkeer aan die einde van my reis.

Groen land van my winter, vaal somerverdriet, blink land van my drome, ster wat nooit verskiet – net één land wat my die laaste vreugde kan bied en dit is die Swartland, die land van my lied!

Ai, om darem so oor jou kontrei te kan sing!

In my vorige blog (waarin ek o.m. van hierdie befgrafnisvers vertel) kom ek M.M. Walters te na, blyk dit. Ek noem hom ‘n man met ‘n slag vir satire. Letterkundige kenners noem hom die voorste satirikus in Afrikaans.

Wel, nou waardeer ek sy vlymskerpe pen des te meer!

Naskrif: M.M. Walters is vanjaar 80. Nou eers begin ek sy verse lees. Swak Piketberg!

11 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page