top of page
  • Izak de Vries

Silwermynwaterval

Na ’n lang en harde week, het ek en die geliefde besluit om ’n bietjie groen terapie te kry. Ons het gaan stap na Silwermyn se waterval toe. Anna en die Prinses is saam.

(Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.)

Die waterval loop sterk ná die reën.

Canon G12 1/4 f2.8 ISO640


Nog ’n kiekie.

Canon G12 1/2 f2.8 ISO250

Julle sal sien ek het nie my gewone kameras saamgeneem nie. Soms is dit net nie moontlik om die goeie kameras saam te neem nie, so ek het ’n tweedehandse mik-en-druk aangeskaf. Selfoonfoto’s is net nie goed genoeg nie en met ’n klein kameratjie kan jy steeds beheer neem.

Ek wou nie die water vries nie, so ek het die sluiterspoed so gestel om die lens baie lank oop te hou. Die klein kameratjies is baie lig en hulle het stabiliseerders. Ek het egter ook bome of klippe gebruik beweging verder te beperk.


Die Prinses op ’n eilandjie.

Canon G12 1/2 f2.8 ISO250 met die flits aan

Die flits hou haar redelik skerp, maar die water vloei steeds, want die lens was ’n halfsekonde lank oop.

Die belangrikste ding wat jy vir jouself kan leer doen is om NIE op outomaties te skiet nie. Speel rond, laat die kamera die meeste van die goed self doen, maar wees spesifiek met daardie goed wat saakmaak. Dit maak nie saak hoe groot of klein jou kamera is nie. Beheer dit.


Haar koninklike hoogheid.

Canon G12 1/80 f4.5 ISO250

Vir gesinskiekies is ’n klein kameratjie dikwels baie oulik en die gehalte meer as genoeg. As daar nie ’n groot kamera met ’n goeie lens by is nie, is só foto baie werd.

Prinses, die geliefde en Anna.

Canon G12 1/80 f3.2 ISO250

1 view

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page