top of page
  • Uitmelkbos

Selftug

Vloeibare middelpunt, deur Martjie Bosman. Resensie: Marius Crous (Rapport Boeke) Crous benader die bundel op heel interessante manier. Hy plaas die bundel en gedigte binne die raam van alles waarby dit aansluit: Ryan Loubser, Brittanje, Skandinawië, Oerder, Hölderlin, die museum in Graaff-Reinet, DJ Opperman en Eben Venter. Sekerlik die heel beste manier om belangstelling gaande te maak. Al wat hinder, is dat sommige van die verse (of gedeeltes daarvan) nie werklik sterk poësie is nie, en hy hom nie daaroor uitspreek nie:  “vergeet nie die histerie en haat wat hyg / waar velle van spikkelbeeste bedrieglik / stil gesprei lê oor ’n skynbaar stabiele bodem.”

Maestro, deur Marié Heese. Resensie: Johann de Lange. (Rapport Boeke) Hierdie resensie het ‘n sterk gevoel van vreemdheid oor my gebring. In die tyd waarin almal net praat oor Zuma en staatskaping en Trump en Clinton, word die aandag weggebuig na ‘n roman in Afrikaans oor ‘n Italiaanse beeldhouer wat in die sestiende eeu gebore is en sy grootste werk in die sewentiende eeu gelewer het. Maar die resensent is iemand vir wie se mening ek groot respek het, en hy beveel dit aan as ‘n heerlike heenkome in die Desembervakansie. Slim.

Indeks, deur Joan Hambidge. Resensie: Tom Gouws. (Boeke24) Ek kan nie onthou wanneer laas ek op ‘n Maandag soveel mailtjies oor een resensie ontvang het nie. Leedvermaak by die Hambidge-haters, woede by die Hambidge-bewonderaars. Ek het nie besef die digkuns kan nog sulke gevoelens uitlok nie. Nou ja, Tom Gouws het sy nek nogal ver uitgesteek hier. Hy vind in die hele bundel net tien goeie gedigte. Hy weeg die uitgewer se lofsang vir die bundel en vind dit totaal oordrewe. Hy maak snydende opmerkings oor Hambidge se publikasiewaansin en selftug, en som dit ten slotte op met ‘n opmerking wat sekerlik nie onbeantwoord gaan bly nie: Sy is ‘n major minor poet. Hoe ‘n mens ookal oor die resensie voel, ek is seker dat dit die wydsgelese resensie oor ‘n digbundel is wat in baie jare verskyn het. Dit maak my vreemd genoeg baie nuuskierig om die bundel te kry en te kyk of mens Gouws moet gelyk gee. In hierdie opsig moet ‘n mens sekerlik besluit dat dit ‘n baie goeie resensie is – uiters effektief binne die konteks van ‘n koerant se boekeblad.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page