top of page
Izak de Vries

Sculpting the Earth


Dis ’n pragwerk. Strijdom neem dikwels materiaal wat hy op die plek, waar sy kunswerk gemaak word, versamel en werk dan daarmee.

Ek het toe gisteraand besluit ek gaan my foto’s slegs met die lig van die restaurant en die vure neem, en ek gaan, soos Strijdom, verskillende elemente met mekaar laat praat.

Wat meer is, die bekendstelling is gehou in die Casparus Restaurant, wat grootliks ’n vertoonvenster is vir Strijdom se werk.

Etienne Bonthuys, die sjef in Casparus, is ’n meester, so wanneer julle weer daar in Stellenbosch is, gaan na die onderpunt van Dorpstraat en gaan sit aan. Die spyskaart is ongelooflik, en boonop bekostigbaar.


Strijdom hou daarvan om mense deel te maak van sy kuns.


Ek het toe die mense deel gemaak van die foto’s wat ek van sy foto’s geneem het.


Carolyn Meads van BooksLive het die geleentheid getwiet. Hier sit sy en werk op haar iPad.


Naomi Bruwer van Litnet (links), en Carina van der Walt, 'n gereelde korrespondent vanuit Nederland, was ook by die geleentheid.


Nicol Stassen, Protea Boekhuis se grootbaas.

Christel Foord, Protea Boekhuis se produksiebestuurder.

Die vuur.

Die boek. Kliek hier vir meer inligting.

1 view

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page