top of page

SAAM IN DIE KOOI

Uitmelkbos

Met drie seuntjies om 06:30 saam in die kooi het nie eens die boeiende Racheltjie de Beer-storie uit die bekwame penne van gewaardeerde oud-kollegas Ollie en Leo vanoggend in die VanD-huis op Melkbos die aftrek gekry wat dit verdien nie. Maar ek het iets op die hart daaroor. Hou gerus hierdie ruimte dop…

Ek het ook nog iets op die hart oor oumense wie se koppe verreweg nog nie raas nie (Vorige blog: My liewe jong vriend …). Sal ook daarby uitkom.

By die pas ontwaakte Oupa met die verwaaide hare is van links Jacob, Thomas en Christopher Claassens van Welgemoed. Jacob en Thomas is 8. Vra jy Christopher hoe oud hy is, steek hy drie vingertjies in die lug. Slim kind – aardjie na sy Ouvaartjie.

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page